Saturday, May 24, 2008

Lambertsbaai - 2003 vakansie

Na 'n week op 'n baie sanderige en winderige Port Nolloth is ek, manlief en die 2 seuns fort na Lambertsbaai. Dit was die hoogtepunt van ons vakansie. (kliek om fotos te vergroot)

Ons eerste dag op Lambertsbaai!








Ons besoek aan die robbe einland. Ek was natuurlik doodbang! Ons het gedink dat dit 'n redelike groot boot was, maar toe ontdek ons tot ons ontsteltenis dat die boot baie klein is. Ek het omtrent geklou vir lewe en dood!




Ons het ook 'n besoek gaan aflê by die bekende Bird Island. Die voëls het vreeslik geskreeu en dit het baie baie baie gestink. Dit was fasinerend om hulle te sit en dophou. Een vlieg op, maak 'n draai en kom land dan op presies dieselfde plek. Hoe hulle weet waar hulle nessie is, bly 'n raaisel vir my.




Ons het ook die bekende Muisbosskerm gaan besoek. Daar het ons op die strand gesit en skulpe ryg vir presente aan al die familie in die Transvaal.





Hier is 'n paar fotots van die omliggende gebiede rondom Lambertsbaai. (kliek om te vergroot)

2 comments:

onderdiemaanensterre said...

Mooi foto's ons het darem 'n mooi land

Paula said...

Ons het inderdaad 'n pragtige land wat natuurskoon aanbetref.