Friday, May 23, 2008

Port Nolloth - 2003 vakansie

In 2003 het ons vir die eerste keer die Wes-Kaap besoek met die Desember vakansie. Ons het vir 'n week saam met manlief se ouers by Port Nolloth gekamp en toe in die laaste week in Lamberts Baai in 'n vakansiewoonstel gaan bly (baie beter as die kamp gewees :) Dit was vir ons 'n ervaring en het dit baie geniet. Hier is 'n paar fotos van die week in Port Nolloth.


Hierdie was ons kamp op Port Nolloth. Dit was nie aangenaam nie want alles was vol sand. Vir my persoonlik is Port Nolloth nie baie mooi nie. Lyk amper soos 'n semi-woestyn. Die hele omgewing lyk soos die sand duine agter die tent. Ek sal nie sommer weer daar gaan vakansie hou nie. Ek het die omgewing gesien, was daar en dit is nou klaar.



Port Nolloth se strand.


Daar was ontsettend baie skulpe (natuurlik almal in stukkies)




Ons besoek aan Alexander Bay. Ook nie 'n mooi plek nie. Die wind het daardie dag ontsettend baie gewaai en alles was vol sand.


Alexander Bay
Hierdie uitkykpos was op die strand gewees.


Alexander Bay

Dit is 'n diamant gebied en die bordjie het op die strand gestaan.



Op ons laaste dag het ons die Port Nolloth museum besoek.
















Nog 'n paar fotos

4 comments:

onderdiemaanensterre said...

Sjoe Paula dit lyk na 'n lekker vakansie. "Lekker memories"

Paula said...

Dit is lekker memories. Laat mens besef hoe kosbaar elke dag is - want die tyd vlieg weg met ons :)

Roer said...

Ek en die liefde was so 5 jaar terug op Port Nolloth. Was my 1ste besoek en ek was mal daaroor. Regtig 'n oulike dorpie vir my.

Port Nolloth Local said...

Daardie museum was jare terug my ouma se suster se huis, ja ek het groot geword op daardie stoep. Smaak verskil maar ek moet se, daar is min plekke so uniek soos Port Nolloth.